Kommunikeer vooruit

Forum Nuus:

Forum Nuus wil graag meer blootstelling aan die takke op ons platforms gee. By Forum Nuus skryf ons berigte vir die webblad of vervaardig ’n kort 3-4 minute nuusvideo ná afloop van ’n projek of aksie. Al Forum Nuus se inhoud word ook op AfriForum se sosialemediaplatforms gedeel. Omdat ons nie by al die takke se aksies kan uitkom nie, nooi ons die takke uit om self die video’s met hul selfone op te neem en aan die Forum Nuus-span (forumnuus@afriforum.co.za) of die betrokke koördineerder te stuur sodat dit saamgestel kan word vir Forum Nuus. Kyk die onderstaande video vir wenke om foto’s te neem en te stuur, asook om die video’s op te neem en per WeTransfer-skakel na hoofkantoor te stuur.

Kyk hier vir wenke om foto’s te neem en te stuur

Mediaverklarings:

Dit is die organiseerder se verantwoordelikheid om die onderstaande tydens ’n aksie te verkry om verklarings meer aanloklik te maak vir plasing of gebruik in die media:

  • Video-opnames waar van toepassing
  • Hoë resolusie foto’s (nie WhatsApp of Facebook-foto’s nie)
  • Klankgrepe van onderhoude (selfoonopname)

                              of

  • Kontakbesonderhede van inwoners/rolspelers vir telefoniese onderhoude

Mediaverklarings moet so gou moontlik ná die aksie aan die mediaskakel-span gestuur word by media@afriforum.co.za.

Klik hier vir die mediaverklarings se afmerklysie.

Kommunikasiegids

                             

Similar Posts