Dankie vir jou ondersteuning met jou deelname aan AfriForum se gholfdag ten bate van Herbert Street School for Learners with Autism by Durbanville-gholfklub op 18 Augustus 2022.

Hier volg belangrike inligting voor jy met registrasie begin:

Inskrywingsfooi

Die inskrywingsfooi beloop R4 000.00 per vierbal en sluit in speelfooie, ’n ete by die halfweghuis met ’n koeldrank en ’n ete tydens die prysuitdeling later die aand. Daar is ook pryse op die spel by die aandfunksie.

Spelformaat

Die dag se spel sal die formaat van ’n vierbalalliansie aanneem (“two scores to count”). Alle deelnemers speel vanaf hulle klubvoorgee. Gholfspelers wat nie aan ’n klub behoort nie, moet van die volgende voorgee speel: mans 18 en dames 24. Maak asseblief baie seker van jou voorgee voor jy afslaan.

Afslaantye sal tussen 11:30 en 13:30 plaasvind. Rooster sal nader aan die tyd aan spelers gestuur word.

Ekstra koste

Gholfkarretjies/joggies is vir die deelnemers se eie rekening en kan by Durbanville-gholfbaan bespreek word. Kontaknommer vir die Pro Shop is 021 976 8120.

Enige addisionele verversings en drank is vir die speler se eie rekening.

Borge

  • Ondernemings kan op een van die volgende wyses by die gholfdag betrokke raak:
  • Natgat @ R3 000.00 – Ietsie vir die spelers se keel (alkoholies/alkoholvry).
  • Hapgat @ R2 500.00 – Vingerhappies vir die spelers (neem asb. Covid-regulasies in ag).
  • Spoggat @ R2 000.00 – Stalletjie wat jou maatskappy se diens/produk uitbeeld aan die spelers.
  • Beskikbaarheid van die bogenoemde is beperk en sal toegeken word met ontvangs van betaling.
  • Borg van spesiale pryse – Klein promosie-item vir spelers (128 eenhede), vierbalpryse (4 x items per borg), langste dryf (een item/geskenkpakkie), naaste aan gaatjie/”nearest to pin” (een item/geskenkpakkie).
  • Skenkings – Indien jy/jou organisasie nie die dag kan bywoon nie, maar steeds die Herbert Street School for Learners with Autism wil ondersteun kan ‘n donasie gemaak word (bankbesonderhede is onder beskikbaar).