Skip to content

"*" Die dui vereiste velde aan.

Geagte jeuglid

Kom bemagtig jouself! Dit is ’n voorreg om jou as deel van die span te hê. Dit is dus die rede hoekom ons jou so graag wil uitnooi na ons jaarlikse AfriForum Jeugkongres. Verwag groot dinge van die 2023-kongres, want jy gaan jouself leer ken soos nog nooit en jouself geniet soos nog nooit vantevore. By die kongres gaan jy nuwe mense ontmoet en meer te wete kom oor ons nuwe strategie om soveel meer van die jeug betrokke te kry.

Datum en tyd: Donderdag 26 Januarie om 12:00 tot Sondagoggend 29 Januarie 2023 net ná ontbyt
Plek: Altelekker Jeugkamp
Koste: R 3 000 per persoon (die tak dek die kostes vir dorpstaklede)
Verblyf: Slaapsale – Bring eie beddegoed saam
Etes: Drie etes per dag ingesluit
Vervoer: As jy baie ver bly, gaan jy waarskynlik moet vlieg. Alle vervoerreëlings sal ná die RSVP-datum getref word. Ons sal reël vir saamrygeleenthede waar dit moontlik is, daarom is dit baie belangrik om jou bywoning betyds te bevestig.
(Kostes word verhaal van AfriForum Jeug se nasionale begroting óf van dorpstakke se begrotings – sien hierbo).

Lede van dorpstrukture het die keuse om die kongres eers van Vrydag 27 Januarie 2023 om 09:00 by te woon indien dit moeilik is om twee dae verlof te neem.

Benodigdhede: Lys van benodighede word nader aan die tyd gedeel en sal insluit gemaklike klere, Cantus benodighede (Hoed, das, jas en beker), deftige-informele drag vir Sondagoggend ontbyt, swemklere en handoek vir stort en swem.

Waarom moet jy dié kongres bywoon?

Ons bied vir jou ’n geleentheid om nie net jouself beter te leer ken nie, maar om jouself te bemagtig om die beste moontlik bestuurder vir jou tak te wees. Die doel van die jeugkongres is om die verskillende jeugtakbesture te ontmoet, behoeftes te bepaal en opleiding aan takstrukture te bied. Jy gaan met soveel meer kennis wegstap wat jou nie net gaan help om jouself te bemagtig nie, maar om jou gemeenskappe ook te bemagtig met vaardighede wat hulle lewens kan verander.

Ons sal ook AfriForum Jeug se strategie vir die komende jaar bespreek, asook aksies wat daaruit voortspruit. Jy gaan ook ’n kans gegun word om te leer hoe ander takke aksies aanpak en hoe hulle hul takke bestuur. Die takbesture sal met die nodige vaardighede toegerus word om hierdie aksies aan te pak, onder meer portefeuljeverantwoordelikhede, projekbeplanning, sosialemedia- en standpuntopleiding. Soos enige AfriForum Jeug-byeenkoms is daar natuurlik ook ’n sosiale kant waar ons mekaar kan leer ken en lekker saam kan kuier.

Die naweek word Saterdagaand op ’n hoë noot met ’n prysuitdeling afgesluit.

Hou asseblief by die RSVP-datum van 5 Desember 2022. Ons gaan kostes aan vir besprekings vir verblyf, etes en sprekers. Maak dus seker dat jy wel 26 tot 29 Januarie 2023 beskikbaar is voordat jy jou bywoning bevestig.

Kom ons skop die jaar op ’n hoogtepunt af!

Bevestig asseblief jou bywoning teen nie later nie as 5 Desember 2022 deur die stappe hier onder te volg.

Neem asseblief kennis van die volgende voordat jy voortgaan:

  • Indien jy nie kan bywoon nie, kies die “Ek gaan nie bywoon nie”-opsie hier onder.
  • Indien jy iemand in jou plek wil nomineer, kies steeds die “Ek gaan nie bywoon nie”-opsie hier onder en volg die stappe.
  • Uitnodiging slegs vir uitgenooide of genomineerde gaste, ongelukkig geen ander gaste sal toegelaat word nie.
  • Reis- en verblyfreëlings (buiten tydens die kongres) word waar nodig self getref binne die normale riglyne en in oorleg met jou jeugkoördineerder.
  • Verblyf is in deeleenhede en jy sal dus ’n slaapplek met ander mense deel.
Ek gaan die kongres bywoon*
Het jy enige lewensbedreigende voedselallergië?*
T-Hemp snit*
T-Hemp-grootte (indien jy onseker is, neem ’n nommer groter):*
Deur hierdie vorm in te dien stem ek daartoe in dat AfriForum my data mag verwerk, stoor en gebruik.**