Die herlewing kom!

Dit is ’n voorreg om jou as deel van die span te hê. Indien ons jou nog nie ontmoet het nie, wil ons jou graag leer ken. En as ons jou reeds ken, wil ons jou baie graag weer sien!

Die ideale geleentheid hiervoor is ons jaarlikse jeugkongres. Beskou dit as jou belangrikste afspraak met ons vanjaar.

Datum en tyd:
Donderdag 27 Januarie om 17:00 tot Sondagoggend 30 Januarie 2022 net ná ontbyt.

***Donderdag is opsioneel vir dorpstakke nagelang van die beskikbaarheid van verlof.

Plek:
Altelekker Jeugkamp, Centurion, Gauteng

Koste:
R1 500 elk (die tak dek die kostes vir dorpstaklede, terwyl die kostes vir kampustaklede deur AfriForum Jeug nasionaal gedek word)

Verblyf:
Slaapsale/chalets – Bring eie beddegoed (lakens word voorsien).

Etes:
Drie etes per dag is ingesluit

Vervoer:
Kampus-taklede se kostes word verhaal van AfriForum Jeug se nasionale begroting. Vir dorp-taklede – sien hierbo rakende begroting. Dorpstakke is ook verantwoordelik vir hulle eie reisreëlings.

Benodigdhede:
Gemaklike klere, deftig informele drag vir Saterdagaand asook ‘n hoed, das, baadjie en bierbeker, swemklere en handdoeke vir stort en swem.

Bevestig asseblief jou bywoning teen nie later nie as 13 Desember 2021 deur die stappe hier onder te volg.